In die Oos-Kaap duskant Barkley-Oos, omring deur berge en populiere is daar ‘n stukkie grond wat Lower Orpendale heet. Hier woon Johan en Dienie Steenekamp en hul seuns, wat boer met Suffolk en Dormer skaap, en ‘n bietjie bees.

In die winter lok die gewilde Tiffindell Ski-Oord, ‘n klipgooi vanaf die plaas, toeriste vanaf regoor die wêreld. Die somer bied ‘n asemrowende natuurskoon en wegbreek van die stad se lawaai.

‘n Moeitelose afdraai vanaf die R58 en ‘n liefde vir mooi goedjies het Dienie die idee gegee om ‘n padstal en Bed en Ontbyt te begin.  Die plaas werkers is by hierdie projek betrek om hul lone aan te vul. Met haar hulp word handgemaakte produkte vervaardig; konfyte, plekmatjies, slagspreek-bordjies en blikgoed.  Haar vernuf in die kombuis lewer beskuit, lasagne, bobotie, hoenderpastei en vele meer. Hierdie lekkernye word nou wyd en suid verkoop.

‘n Ou plaashuisie is gerestoreer tot ‘n gastehuis wat tot agt mense kan huisves.  Jagte, visvang, staproetes en 4x4 uitstappies is van die avonture wat hier meegemaak kan word.

Kom voed jou siel met een van Dienie se slagspreuke:

“Te veel van ‘n goeie ding is fantasties!”

Die Kontrei-Padstal en Bed en Ontbyt

 

   
 

© 2009
Ontwerp deur Artfactor Creative Concepts - 082 786 5847
Webblad saamgestel & onderhou deur 123 Internet